• Registration
Article Index
1. Kersfees as agtergrondmusiek?
1.1. Pretoria-Oos, 21 Desember 2008
Julian Müller
Kersfees as agtergrondmusiekPDFPrintE-mail
Sunday, 21 December 2008 19:19
Written by Julian Müller

1. Kersfees as agtergrondmusiek?

 

1.1. Pretoria-Oos, 21 Desember 2008

 

1.   Begin met die speel van die lied “7 O’Clock News/Silent Night” – Simon and Garfunkel (opname van 1966)

2.   Lied is ontnugterend. Mens is half-kwaad vir die kunstenaars. Om die paradoks so in ons gesig te sit!

3.   Die nuusbulletin (1966)praat van:

a.    Oop behuising in die Civil Rights Bill en ‘n toutrekkery daaroor.

b.   Lenny Bruce, die komediant, wat dood is aan ‘n oordosis pille

c.    Dr Martin Luther King wat ‘n besoek aan Chicago beplan.

d.   Nege verpleegsters wat vermoor is.

e.    Richard Nixon wat die Vietnam oorlog verdedig en dan sluit die nuus af met ‘n aanhaling van Nixon: “Opposition to the war in this country is the greatest single weapon working against the U.S.

4.   Op die agtergrond sing hulle ‘n weergawe van lied “Silent Night”

Silent night

Holy night

All is calm

All is bright

Round yon virgin mother and child

Holy infant so tender and mild

Sleep in heavenly peace, sleep in heavenly peace.

 

5.   Die kerslied/kersverhaal/kersboodskap voorsien romantiese, baie rustige agtergrondmusiek waarteen die verskriklike wêreldgebeure afspeel. Maar dit bly ongeïntegreerd. Twee tekste; twee stelle woorde wat deur vernuftige kunstenaars in een lied saamgevoeg word.

6.   Maar ons kan daarmee identifiseer. Hulle gee gestalte aan ons eie ervaringe:

a.    In ons eie koppe draai daar ook in hierdie dae ‘n kerslied, terwyl ons elkeen worstel met ons eie “7-uur nuus”

b.   Terwyl ek aan hierdie preek voorberei het daar sommer binne ‘n paar dae drie “nuusberigte” my lewe intens beïnvloed:

                                              i.     Skoonma is terminaal siek met kanker wat oral in haar liggaam versprei het. Sy’s te oud vir enige behandeling en word net versorg in die eenheid vir verswakte bejaardes. Ons sien hoe sy daagliks verswak.

                                            ii.     Charlie, ons Saterdae se tuinwerker, word by sy dagwerk eenvoudig afgedank – na 6 jaar diens. Geen rede word verskaf nie, maar ons weet hy as vreemdeling (Zimbabwe) het min regte om op te staan en dit is maklik om hom te laat gaan. Hy het ‘n vrou en kind en sit nou sonder werk.

                                          iii.     ‘n Goeie vriend van ons begin sleg voel terwyl hy op vakansie is en twee dae later moet hy ‘n 5-vat hartomleiding kry.

c.    Teen die agtergrond van “Stille nag” gebeur daar vreeslike dinge. Ons het elkeen ons eie “7-uur nuus”. Elkeen wat vanoggend hier in die kerk is sal ‘n soortgelyke verhaal kan vertel.

d.   En dan is daar nog die wêreldgebeure:

                                              i.     Honger mense in Zimbabwe. Cholera wat handuit ruk en ‘n desperate politieke situasie.

                                            ii.     Terroristeaanvalle in Mumbai

                                          iii.     Misdaad rondom ons – in ons winkelsentrums en in ons huise.

                                          iv.     Resessie in Amerika, Engeland en Japan.

                                            v.     Ekonomiese reuse (banke, motorvervaardigers) is bankrot en stort in duie.

e.    Ons kan inderdaad identifiseer met Simon en Garfunkel se lied.  Ons kan miskien vir ‘n oomblik ontvlug in ons kersvieringe, maar uiteindelik kom die nuus van konflik en krisis al harder van agteraf deur.

7.   Dit is die werklikheid en dit is die waarheid van ons ervaringe ook in hierdie kerstyd. Wat maak ons met hierdie paradoks?

a.    Een opsie is om dit te hanteer soos in hierdie lied. Die kersboodskap voorsien die sustende, vertroostende agtergrondmusiek, maar die twee tekste, wat twee wêrelde beskryf, bly apart – ongeïntegreerd.

b.   Die Evanglie van Matteus bied ‘n ander opsie.

                                              i.     Matteus vertel die geboorteverhaal ook teen die agtergrond van die “7 uur nuus” van sy dag.

                                            ii.     Matteus skryf so ongeveer 10 jaar na Markus (80 nC)en maak van Markus as sy basisteks gebruik.  Markus is die oudste Evangelie (ongeveer 70 n.C.). Skryf om antwoord te gee op die dramatiese gebeure van die verwoesting van die tempel in70 n.C. In sy Evangelie ontbreek die geboorteverhaal. Hy konsentreer op die kruisiging om daarmee te sê as alles rondom ons in duie stort is God ook daar, want Hy is teenwoordig  - as die gekruisigde. Daarom gaan die hele Markus Evangelie eintlik oor hierdie aanloop na die lyding en kruisiging. Van Jesus.

iii.     Toe Matteus 10 jaar later skryf, is die tye steeds baie moeilik en onseker.  Die jong Jesusbeweging probeer om sy voete te vind te midde van politieke onstabiliteit en teenstand. Die Christene probeer identiteit vind. Is hulle veronderstel om Joods te wees en te bly? Is hulle die ware Israel of moet hulle heeltemal hulle rug op die Jode wat vir Jesus gekruisig het, keer?

iv.     Die skrywer van die Matteus Evangelie vind dit nodig om die Markus teks te gebruik, maar ook aan te pas om vir sy tyd ‘n boodskap te voorsien. Een van die veranderinge wat hy aanbring is die geboorteverhaal met die geslagsregister wat hy aan die begin plaas.

v.     Daarmee doen Matteus eintlik presies dieselfde as Simon en Garfunkel. Hy sit die kersverhaal by die “7-uur nuus”. Maar Matteus doen dit tog ook heeltemal anders as hulle

1.   Die kersverhaal vorm nie net agtergrondmusiek vir die wêreldgebeure nie. Dit word ingeweef tot een teks. Dit bly nie twee afsonderlike tekste nie.

2.   Hoe doen Matteus dit?

a.    Hy begin met ‘n geslagsregister wat begin by Abraham. Daarmee verseker hy sy lesers dat hierdie Jesusbeweging die voortsetting is van die Judaïsme. Dis nie ‘n nuwe godsdiens nie. In Jesus leer ons die God van Abraham, Isak en Jakob ken. Maar in dieselfde asem trek hy ‘n streep deur alle Joodse eksklusiwiteit en meerderwaardigheid want hy voeg vier vroue van twyfelaftige karakter in die geslagsregister in. Hy geen nie net ‘n geslagsregister en gee bietjie mooi agtergrondmusiek daarby nie. Hy verander die geslagsregister (dit lyk byvoorbeeld anders as Lukas s’n) en hy interpreteer dit.

b.   Verder vertel Matteus van ‘n probleem-swangerskap. Ons hoor gewoonlik net dat Maria op ‘n buitengewone manier swanger geraak het, maar as ons mooi lees, sien ons hoeveel trauma daar in daardie paar verse is. Josef is aan Maria verloof, maar hy’s nie die pa van die kind nie. Hy wil skei.

c.    Dan vertel hy van vreemdelinge met vreemde gelowe – sterrekykers – wat ‘n sentrale plek inneem by die geboorte. Hulle kry eerste toegang tot die kraamsaal.

d.   En hy vertel van politieke naywer en geweld: Herodes en die kindermoord.

3.   Sien u wat doen Matteus? Matteus laat as’tware vir Jesus gebore word uit die “7uur nuus” uit. Hy gebruik nie die mooi kersverhaal om agtergrondmusiek te wees vir die verskriklike “7-uur nuus”nie. Hy maak Jesus deel van die “7-uur nuus”.

8.   Die vraag waarvoor ons staan is: Word Jesus vanjaar gebore in ons “7-uur nuus”? of bly die geboorteverhaal net die agtergondmusiek terwyl ons maar met ons gewone lewe, net soos al die ander, aangaan?

a.    Dring die boodskap van die geboorte van God my om op een of ander manier betrokke te wees by Charlie wat as vreemde Zimbabweer in Pretoria sy werk verloor? Of stel ek net die kersmusiek harder en sê: “Ag siestog, maar dis vreeslik”?

b.   Gee die kersboodskap ook vir my die rus en vrede by die siekbed van ‘n geliefde, of bly ek ten diepste ongetroos en verwond terwyl die kerslied in die agtergrond maar net soos ‘n bietjie salf is?

c.    Wat doen die kersboodskap aan my lus om te spandeer? Bring dit my tot nugterheid en verantwoordelikheid of voorsien dit net die agtergrondmusiek in die supermark sodat ek juis meer onverantwoordelik spandeer?

9.   Die wyse waarop Matteus die “7-uur nuus” hanteer, daag ons uit om nie agtergrondmusiek vir ons verskriklike “7-uur nuus” te soek nie, maar om dit te herskryf. Om nie ons persoonlike/gesin of groep se geskiedenis te probeer ontken of vergeet nie, maar om God se spore daarin te ontdek. Om te midde van verwarrende gebeure (soos met die swangerskap van Maria, soos die rol wat vreemdelinge soms onverwags in ons lewe kom speel, soos politiek onstabiliteit en diktators wat nie omgee vir kindermoord nie) nie onsself daarvan af te skei nie, maar om nuwe betekenis in die krisis te soek. Om nie te skrik vir die vreemdelinge en sterrekykers nie, maar vir hulle toe te laat om ons te leer om te aanbid. Om nie moedeloos te raak deur politieke opportuniste soos Herodes nie, maar om te weet die Een wat ons by ons het, se naam is Immanuel - God is met ons, in ons “7-uur nuus”.

10.                 Dit is kersfees 2008. Ons ‘7 uur nuus” is erger as ooit. Ons groepie Christene staan voor die uitdaging om nie van die geboorteverhaal agtergrondmusiek te maak nie; om nie net net te sing van die geboorte van Jesus as ons grootste Kersgeskenk nie, maar om Jesus gebore te laat word binne in ons “7 uur nuus”. Mag ons daarvoor wysheid en genade vind!

 

 

Comments
Search
Only registered users can write comments!
 

Articles and Docs

Copyright © 2010. Julian Müller. Designed by Shape5.com

S5 Box

Login

Member Registration

Registration
* This Field is required Required field | This Field IS visible on profile Field visible on your profile | This Field IS NOT visible on profile Field not visible on profile | Information for: ? : Field description: Move mouse over icon Information: Point mouse to icon
Security Code: Image with security code embedded in itclick here to hear the letters
Enter Security Code: * This Field is required This Field IS NOT visible on profile Information for: Security Code: : Enter Security Code from image. If no image is present then try disabling your advertisement blocker and then refresh this page. Otherwise please contact the website administrator for assistance.
This Field IS visible on profile

Your image will be resized if needed to a maximum dimension of 200 pixels width x 500 height automatically, but your image file should not exceed 2000 KB.

Select file

By clicking "Register", you certify that you have the right to distribute this photo.

* This Field is required This Field IS NOT visible on profile Information for: Name : Please enter your real full name.
* This Field is required This Field IS visible on profile Information for: Email : Please enter a valid e-mail address. A confirmation email will be sent to this address upon registration.
* This Field is required This Field IS visible on profile Information for: Username : Please enter a valid username.  No spaces, at least 3 characters and contain 0-9,a-z,A-Z
* This Field is required This Field IS NOT visible on profile Information for: Password : Please enter a valid password.  No spaces, at least 6 characters and contain lower and upper-case letters, numbers and special signs
* This Field is required This Field IS NOT visible on profile Information for: Verify Password : Please enter a valid password.  No spaces, at least 6 characters and contain lower and upper-case letters, numbers and special signs
 
* This Field is required Required field | This Field IS visible on profile Field visible on your profile | This Field IS NOT visible on profile Field not visible on profile | Information for: ? : Field description: Move mouse over icon Information: Point mouse to icon